Scarab


Scarab is a Namibian consulting practice that offers specialist environmental and geological consulting and related services, as well as adventure guide training, guided climbing and other adventure expeditions in Africa. 

You are here: Home

Welcome to Scarab

Welcome to Scarab

Proactive planning and risk management is cost effective. Scarab offers practical geological and environmental services to strategically support our clients to effectively and economically plan and direct their operations. 

Our experience and skills enables us to address, simultaneously and impartially, all of the three basic spheres of sustainable development, namely the economic, environmental and social systems.

Our background in earth sciences and love for nature, the outdoors and adrenaline equips us well to offer tourism and adventure expeditions to the sophisticated nature lover longing for an informative hike, as well as the adrenaline junkie in need of a new adventure.

 
 
 
   

Latest photo

Left direction

Dâures, godin van die westelike woestyn

Ons is 2,000m bo seevlak op die Wasservallfläche (Watervalvlakte) en ten minste 1 dag se harde stap terug na ons slaapplek aan die voet van die Brandberg (dis nou as dit nie reën nie). Ek beur stadig in my donskokon orent, zip die tent oop en staar die donker in. Ek sukkel nog om die slaap af te skud, maar kom gou agter dat die die jongeres besig is om buite rond te skarrel. Ok, iets is aan die gang, se ek vir Riana. Buite gekom hardloop die blitsvingers van horison tot horison en die donderweer weergalm oor die woestyn.

As die son sak vereer sy die oorsprong van haar naam. Dâures, beteken letterlik “brandende berg”. Vanuit die lug neem sy ‘n amper perfekte sirkelvormige voorkoms aan. Sy is die oorblyfsel van ‘n enorme vulkaniese pyp omring deur ‘n verskeidenheid graniet intrusies. Die isolasie die Brandberg van die gebroke Namibiese eskarpement tesame met haar grootte, skouspelagtige voorkoms en plate rotskuns het gelei tot verskeie aansoeke om Wêrelderfenisstatus.

Ons is sewe opgewonde siele wat die Brandberg in die somer aandurf, voor die rëenseisoen. Dit klink dalk nie na ‘n uiterste uitdaging nie, maar indien Dâures ons nie lei na een van haar versteekte fonteine nie, sal ons moet omdraai. Ek en Riana het ‘n jaar tevore probeer om die kruin, Königstein (2,573m) te bestyg, maar Dâures het haar piek goed verdedig en ons moes die aftog blaas. Alhoewel ons water gekry het, was dit nie genoeg om ons te hou tot die piek en terug nie.

Brandberg kruip egter onder jou vel in, ek voel ‘n krieweling toe ons haar weer gewaar op die Hentiesbaai pad na Uis, en alhoewel ons vantevore gese het nooit weer nie, het ek geweet dit sal nie lank wees voor ons weer teen die steil hange probeer uit nie. Die Brandberg, soos die res van die Namibiese wilderniesgebiede, dis nou areas buite die parke, neem my nie net weg van die alledaagse verpligtinge nie, maar daar is ‘n noue band wat hier gesmee word met die natuur, ‘n tyd toe water en vuur sekerlik die twee belangrikste komponente vir ‘n bestaan was. Ons het nie meer ‘n vuur probleem nie (tensy een die vuurhoutjies vergeet het), maar die mikroklimaat van die Brandberg het min verander die afgelope 5,000 jaar. Die soektog en vind van water is dus steeds die belangrikste komponent van ons staptog.

Die Brandberg styg 1,800 m bokant die Welwitschia verstrooide vlakte en ons het beoog om die eerste 1,300m hiervan in een dag te voltooi, elk gewapen met ‘n rugsak, 10 l water, ‘n goeie humorsin en baie moed. Ons het besluit om soos tevore weer in die Hungorob Vallei, gelee in die Messem Omuramba (Droë rivierloop) te begin. Die eerste kilometer loop ons onder groot bome op ‘n mooi uitgetrapte paadjie, al agter klein klipstapels aan, ‘n unieke wilderniservaring in ‘n natuurskatkis.

 

Geen water by die eerste waterpunt nie, maar te verstane, geen reën vir maande en dit was in elk geval afloopwater die vorige keer, of so probeer ek myself moed inpraat. Ons eerste rusplek is by ‘n groot oorhangkrans en kom net betyds, ek trek my skoene uit en plak neer teen my rugsak. Wat het ons alweer besiel om teen hierdie verdomde berg te wil uit?

 

Ek leun terug, maak my oë oop en staar na goed bewaarde San tekeninge op die rots. Hierdie nomadiese jagters het die Brandberg en omgewing hul tuiste gemaak vanaf ongeveer 5,000 jaar gelede. Dit voel asof ek terug geneem word in tyd en vir dae slaap. Ek word wakker geruk deur die werklikheid, nog meer as 1,000 m om te styg en dié gelê gaan ons nie bo kry nie. Almal kom stadig op en ons sit die tog voort. Van hier af word elke skadukol benut, oftewel in gedut.


Die laaste opdraende vir die dag is aanhoudende onophoudende steil plate graniet. As ek praat van opdraende dan bedoel ek eintlik opdraende in hoofletters. Aan die voet van hierdie monsters het ek en Riana vantevore water gekry en ek is vol moed dan ons weer sal regkom. Ons water is reeds amper klaar en dit is nog twee ure se harde stap tot by ons slaapplek. Met afwagting nader ons die potensiële waterpunt. Twee van die jonges sit eenkant onder ‘n skamele boompie en roggel dat daar geen water is soos ek dan gesê het nie. Soos ‘n wafferse bobbejaan begin ek klippe omdraai en oor rotsblokke klouter en dan kry ek hom, diep binne ‘n swart skeur vloei hy tot in ‘n mooi poel. Daar is ‘n verskeidenheid van lewe wat nie eens Riana die entomoloog, se aandag trek nie, almal wil net by die water uitkom.


Die laaste steilte was erg, maar met waterbottels vol en gemoedere hoog is ons daaruit en na sewe lang ure se stap met die son wat agter ons rûe in die woestyn verdwyn was ons uiteindelik bo op die plato. Rooi en oranje kleure dans die dag verby en ons staar lank weswaarts voor ons inkruip na ‘n lang en harde, maar lekker dag.

 

Die roete na Königstein vanaf die plato is blykbaar maklik met geen hoofletter opdraendes. Ons kruis die volgende oggend ‘n pragtige diep kloof waar ons in ‘n Nasionale Museum van Namibië-bewaarde oorhangkrans (daar was ‘n bordjie) pragtige luiperdspore kry. Die voetheuwels aan die suide is ook die tuiste vir Olifante, Swart Renosters, Leeus en ‘n verskeidenheid ander antelope soos Koedoes en Springbokke.


Ons is almal in goeie luim en vertoef lank by die oorhang. Na ‘n lekker hoofletter opdraende ons is weer op ‘n groot plato. Die pad na Königstein is sover goed gemerk deur klipstapels en na ‘n uur of wat se stap kom ons af op ‘n paddavisdeurdrenkte poel water. Water vol gemaak, oor warm lywe gegooi en ons is weer vort.


Ons moes die goedgemerkte paadjie iewers byster geraak het, want die pad het langer geword, water het weer begin klaar raak en gemoedere het begin daal. Om nog ‘n draai en deur ‘n diep kloof, klipstapels lankal weg het die verdomde kruin op ons afgekyk soos ‘n kwaai onnie en ek was moeg.


My moed het in my skoene gaan sit en ek was naby om tou op te gooi. My wederhelfte se aansporing het my egter op die been gebring en voor ek kon uiter “verdomde berg” was ons besig met die laaste 100 m se styging en skielik was ons bo. Daardie paar minute op die kruin was besonder mooi, windstil en sommer net lekker. Ek die oomblik diep ingeneem.


Right direction
  • Climbing / Abseil

  • Guide Training

Abseil
Introduction to Rock climbing and Abseiling
More info


 SAMDT accredited guide training in climbing,
abseiling and trekking
More Info

Events Calendar

January 2012
S M T W T F S
1 2 3 4 5 6 7
8 9 10 11 12 13 14
15 16 17 18 19 20 21
22 23 24 25 26 27 28
29 30 31 1 2 3 4

Polls

Do you prefer:
 

Statistics Counter

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterToday12
mod_vvisit_counterYesterday30
mod_vvisit_counterThis week142
mod_vvisit_counterLast week178
mod_vvisit_counterThis month787
mod_vvisit_counterLast month1132
mod_vvisit_counterAll27229

Online (20 minutes ago): 2
2012-01-28 14:47